Job Summary Ontvangsdame word benodig by 'n privaat oogkundige praktyk met twee takke. Slegs kandidate wat vlot Afrikaans- en Engelssprekend is met 'n geldige bestuurslisensie en eie motor sal oorweeg word. 'n Noukeurige en doelgerigte dame sal die veelsydige, tegniese pos goed pas. Vorige ervaring in 'n mediese praktyk of boekhou ervaring sal 'n groot voordeel wees. Salaris is onderhandelbaar volgens ervaring en sal bespreek word tydens die onderhoud.